’n Afrikaanse YouTube-kanaal wat fokus op deeglike Bybelse eksegese en die bespreking van kontemporêre teologiese kwessies.

Aanbieders: Robert Heuer, Teologiese kwalifikasies: MDiv en MTh.
Norman Hayward, BTh.
Meyer Steyn

Belangrik:

Hierdie kanaal is nie ’n bediening op sigself nie, maar ’n platform vir Bybelse onderrig, toerusting en onderskeiding. Ons doel is om gelowiges te help om self die Skrif te ondersoek en te toets wat geleer word (Hand. 17:11).

Hierdie kanaal is nie ’n plaasvervanger vir jou plaaslike gemeente nie. Ons moedig elke gelowige sterk aan om deel te wees van ’n Bybels-gesonde plaaslike kerk waar daar herderlike sorg, gemeenskap en dissipelskap plaasvind.

Die menings en standpunte wat hier uitgespreek word, verteenwoordig nie enige spesifieke kerk, denominasie of organisasie nie, maar is ons eie teologiese oortuigings soos ons dit uit die Skrif verstaan.


Deur Die Woord

Dit was ’n voorreg om onlangs met Joey Faust te gesels op hierdie kanaal. Ons het diep in sekere temas ingeduik, en ek het sy insigte en benadering geweldig waardeer. As jy van ons gesprek gehou het, of bloot op soek is na goeie inhoud wat uitdaag en verryk, gaan loer gerus na Joey se YouTube-kanaal. Julle sal beslis daarby baat vind!

Gaan wys hom bietjie ondersteuning en teken in: youtube.com/@joeyfaust1611

1 week ago | [YT] | 7

Deur Die Woord

Ons waardeer julle insette! 💬

Hallo almal! Ons het die afgelope tyd opmerkings ontvang dat sommige van julle se kommentaar verwyder word. Ons wil graag die lug skoonmaak:

Ons waardeer elke gesprek en elkeen van julle se bydrae op hierdie kanaal. Ons sal nooit 'n kommentaar verwyder bloot as gevolg van teologiese verskille nie – ons moedig juis kritiese denke en eerlike dialoog aan!

Die enigste redes waarom ons kommentaar sal verwyder, is:
❌ As daar kru taal (profanity) gebruik word.
❌ As dit gemorspos (spam) is.
❌ As daar herhaaldelik en talle kommentaar op dieselfde tyd geplaas word.

Neem ook in ag YouTube self verwyder ook soms kommentaar.

2 weeks ago | [YT] | 36

Deur Die Woord

3 weeks ago | [YT] | 34

Deur Die Woord

Dink jy dat Rooms-Katolieke gered is?

3 weeks ago | [YT] | 10

Deur Die Woord

Watter Bybel verkies jy? Laat weet ons in die kommentaar.

1 month ago | [YT] | 23

Deur Die Woord

Ek wil hoor by julle:

Kan ’n ware Christen sy redding verloor… of is jy vir ewig veilig in Christus?

1 month ago | [YT] | 14

Deur Die Woord

Ek was onlangs op The Huntsman se podcast—gaan ondersteun sy kanaal en kyk die video hier 👇

Ons het ’n sterk gesprek gehad oor manlikheid en die huidige toestand van Suid-Afrikaanse kerke.

https://youtu.be/HHg6SYMpJgI?si=GBSw3...

2 months ago | [YT] | 8

Deur Die Woord

Ons het ’n regte, oop debat gevoer oor een van die grootste vrae in teologie:
Kies jy vir God… of kies God vir jou?

Hierdie gesprek gebeur byna nooit in Afrikaans in die openbaar nie — maar nou is dit hier.

In lig van ons onlangse video wil ons by JOU hoor Is jy ’n Calvinis? :

2 months ago | [YT] | 10

Deur Die Woord

Ken jy God se liefde… maar verstaan jy Sy toorn? Sluit by ons aan en ontdek meer.

2 months ago | [YT] | 25

Deur Die Woord

Wie is die prediker/pastoor wat jou lewe die meeste beïnvloed het?
Deel gerus in die kommentaar — ons wil hoor 👇

2 months ago | [YT] | 17