’n Afrikaanse YouTube-kanaal wat fokus op deeglike Bybelse eksegese en die bespreking van kontemporêre teologiese kwessies.

Aanbieders: Robert Heuer, Teologiese kwalifikasies: MDiv en MTh.
Norman Hayward, BTh.
Meyer Steyn

Belangrik:

Hierdie kanaal is nie ’n bediening op sigself nie, maar ’n platform vir Bybelse onderrig, toerusting en onderskeiding. Ons doel is om gelowiges te help om self die Skrif te ondersoek en te toets wat geleer word (Hand. 17:11).

Hierdie kanaal is nie ’n plaasvervanger vir jou plaaslike gemeente nie. Ons moedig elke gelowige sterk aan om deel te wees van ’n Bybels-gesonde plaaslike kerk waar daar herderlike sorg, gemeenskap en dissipelskap plaasvind.

Die menings en standpunte wat hier uitgespreek word, verteenwoordig nie enige spesifieke kerk, denominasie of organisasie nie, maar is ons eie teologiese oortuigings soos ons dit uit die Skrif verstaan.