Afrikaner binne My



Afrikaner binne My

Vrydag 10 April 2026 18:00 laat val ek my nuwe liedjie: "Duin Sewe" 🌅

Nou ja… wat sê mens oor Duin Sewe?
As jy van Suidwes is, dan weet jy.
As jy al daar gaan kuier het, dan sal jy altyd onthou.
En as jy nie weet van Duin Sewe nie… dan weet jy nie wat jy mis nie.

Ek is dalk nie ‘n volbloed Suidwester nie, maar Suidwes leef diep in my hart. As kind het ek die voorreg gehad om by familie en vriende te gaan kuier, sand tussen my tone, son oor die duine… en herinneringe wat bly sit.

My pa het op 18 vanuit Duitsland na Suidwes getrek. Hy het jare lank paaie gebou in die noorde, en ure se stories gehad. Stories van stofpaaie, hitte, mense, en ‘n land wat iets aan jou siel doen. Stories van krokodil eiers steel en Olifante wat hulle lewe moeilik maak. Hierdie lied dra ook ‘n stukkie van sý storie.

"Duin Sewe" is meer as net ‘n lied — dis ‘n gevoel. Dis nostalgie. Dis trots. Dis daardie stilte bo-op die duin waar alles net… sin maak.

Hierdie is net ‘n klein stukkie van wat Namibië bied — maar ek hoop dit vat jou saam.

Ek hoop julle geniet hom ❤️

1 month ago | [YT] | 21

Afrikaner binne My

Dis uiteindelik Vrydag! 🎉

Na lang, diep gesprekke met myself (en ja… ook met my AI-produsent wat dink hy’s slimmer as ek 🤖😅), het ek besluit—danksy die sukses van #KlauZ—dat Vrydae amptelik #KlauZ release dag is.

So van nou af kan jy elke Vrydag tussen 18:00 en 19:00 ’n splinternuwe #KlauZ track verwag. Dis nou basies soos jou weeklikse dosis vibes… sonder die newe-effekte (behalwe dalk dat jy nie kan ophou dans nie 🕺).

Dit gee my ook kans om deur die week lekker te speel, nuwe styles te toets en dalk ’n paar vreemde idees uit te probeer (party werk… party moet ons maar vergeet 😄).

Aan almal in die community wat die #KlauZ persona se musiek geniet—ek hoop om julle elke week hier te sien vir die nuwe drop.

Hou jou sirkel klein… maar jou playlist groot 🔥🎶

1 month ago | [YT] | 9

Afrikaner binne My

🎉 2000 SUBSCRIBERS ❤🙏🏼

In net 10 dae het nog 1000 mense hierdie reis saam met my begin stap. Ek sit regtig en wonder hoe ek ooit genoeg “dankie” kan sê… want wat ek voel, kan ek nie eers mooi in woorde sit nie.

Elke like, elke subscribe, elke keer wat iemand terugkom om weer te luister, dit beteken vir my meer as wat julle ooit sal besef. Julle maak dit alles moontlik. ❤️

Ek weet ek kan nie almal gelukkig hou nie… maar ek belowe ek sal nooit ophou probeer nie. Ek sal aanhou groei, aanhou leer, en aanhou skep, vir my en vir julle.

Baie van hierdie kanaal se hart kom van “Hoe Ouer Ek Word” en die emosie daaragter.
Dis nie net ’n lied nie… dis ’n stuk van my storie. En uit daardie plek het iets begin vorm aanneem, ’n persona, ’n stem.

Baie van julle het gevra oor sy naam… en dit voel net reg om dit nou te deel.
🔊Hy heet KlauZ , ’n naam gebore uit herinnering, uit liefde, uit my pa… Klaus.

Dis my manier om hom saam met my op hierdie reis te dra.

Ek het nou ook ’n spesiale playlist gemaak vir almal wat spesifiek hierdie styl en gevoel soek — net KlauZ liedjies, alles op een plek. Jy kan dit vind onder Playlists

Kom kyk gereeld weer in, daar is nog baie oppad. Ek werk al klaar aan nuwe idees, nuwe stories, nuwe emosies…

Hierdie is net die begin.

2 months ago (edited) | [YT] | 21

Afrikaner binne My

🎉 1 000 SUBSCRIBERS ❤️

Eerlikwaar… ek het nooit gedink ek gaan hier uitkom nie.

Hierdie kanaal het begin in stil oomblikke, net ek, my gedagtes, en musiek wat ek gevoel het niemand regtig gaan hoor nie. Maar julle het geluister… julle het gebly… en julle het my laat glo dat dit wél iets beteken.

Elke view, elke like, elke boodskap, dit was nie net nommers nie. Dit was mense. Mense wat voel. Mense wat connect. En dit beteken vir my meer as wat ek in woorde kan sê.

1 000 mense… dis nie net ‘n milestone nie. Dis 1 000 redes om aan te hou.

Dankie dat julle my musiek deel maak van julle lewens. Dankie dat julle my help om nie stil te bly nie.

Ons is nog net besig om te begin… ❤️ Ek leer daagliks… en hopelik sal ek nog baie songs maak wat julle kan geniet 🎶


👉 Vertel my asseblief: watter song het jou die meeste geraak?

Baie Dankie 🙏🏼

2 months ago | [YT] | 12